The American Heritage Dictionary of the English Language

The American Heritage Dictionary of the English Language (kort AHD) is 'n Amerikaanse woordeboek van die Engelse taal wat deur die Bostonse uitgewery Houghton Mifflin Harcourt (HMH) gepubliseer word. Sy samestelling het voortgespruit uit 'n geskil oor Webster se Third New International Dictionary. Die eerste uitgawe het in 1969 verskyn, die mees onlangse vyfde uitgawe in 2011. Die 2011-uitgawe is intussen hersien en drie keer herdruk, in 2012, in Maart 2016 en in Oktober 2018, met 'n omvang van 2112 bladsye.[1]

  1. "Houghton Mifflin Harcourt: American Heritage Dictionary of the English Language, Fifth Edition. Besoek op 7 Junie 2016". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 24 Mei 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search